Hoe om te speel
Woorde
Kies nege letters: klinkers of konsonante (minstens drie klinkers en vier konsonante). Jy het 30 sekondes om die langste Afrikaanse woord te maak.
Elke letter tel een punt. 'n Woord met al nege letters tel 18 punte.
Teen ’n teenstander kry net die langste woord punte; is julle woorde ewe lank, kry albei punte. In die syferrondte geld dieselfde vir wie die naaste aan die teiken is.
Syfers
Kies hoeveel groot getalle (25, 50, 75, 100) jy wil hê; die res is klein getalle (1–10). Gebruik +, −, × en ÷ om so na as moontlik aan die teiken te kom. Elke getal mag net een keer gebruik word, en geen breuke of negatiewe getalle nie.
Presies: 10 punte · binne 5: 7 punte · binne 10: 5 punte.
Kopkrapper
Nege deurmekaar letters vorm een woord. Vind dit binne 30 sekondes vir 10 punte.
Weet jy die woord? Druk “Sê dit!”. Die klok staan stil en jy het 8 sekondes om jou antwoord te tik. Elke speler kry net een beurt.
Is jou antwoord verkeerd of te laat, kry jou teenstander ’n kans. Is jou teenstander verkeerd, kan jy nog probeer; teen die rekenaar kry jy dan minstens 15 sekondes. Die eerste korrekte antwoord wen die 10 punte.